Chaotiese tonele het hulle Woensdag in die landdroshof in Kariega afgespeel toe ’n vermeende kindermoordenaar vir die eerste keer in die hof verskyn het.
Hy het verder gesê dat die sakeman Brown Mogotsi “ ’n beduidende rol in die politieke veldtog” van Senzo Mchunu, polisieminister, gespeel het.
Die N1-Hugenote-tonnel sal Donderdag om 06:00 weer oop wees vir verkeer nadat ’n busbrand die sluiting daarvan genoodsaak het.
Buti Manamela het ook opdrag gegee dat ’n span vanuit sy kantoor met leiers van dié universiteit in Dikeni, in die Oos-Kaap, praat om uit te vind presies wat die situasie is.
Indien Anneke Bosch Donderdag vir die Protea-vrouekrieketspan diens gaan doen teen Indië in die Wêreldbeker-toernooi, sal sy onder druk wees om dié keer ’n beter bydrae met die kolf te lewer.
Ingevolge die Kommissiewet mag geen persoon wat voor die kommissie verskyn, weier om ’n vraag te beantwoord nie.
Sy bekende familienaam het geensins in sy guns getel nie, sê Mandla Mandela nadat Israel hom terug na Suid-Afrika gedeporteer het.
Johan Ackermann, hoofbreier van die Bulle, het ’n uitstekende groep spelers, maar ook die spreekwoordelike olifant in die kleedkamer by Loftus Versfeld geërf.
James Comey, ’n voormalige hoof van die federale speurdiens (FBI), het Woensdag onskuldig gepleit op strafregtelike aanklagte dat hy vals verklarings afgelê en ’n kongres-ondersoek belemmer het.
Mense wat minder as ses uur slaap per nag kry, loop ’n groter risiko om diabetes en hartprobleme wat met vernoude are te doen het, te ontwikkel, sê die Discovery-groep.
Die bekroonde digter en geliefde figuur in die Afrikaanse letterkunde Antjie Krog, het Woensdagmiddag ’n sesde eredoktorsgraad ontvang, dié keer van die Universiteit van Johannesburg (UJ).
Hoor hier, boekwurms! ‘Die geskenk’ deur Riette Rust is die luisterboek vir Oktober, eksklusief vir intekenare. Die ...