Chaotiese tonele het hulle Woensdag in die landdroshof in Kariega afgespeel toe ’n vermeende kindermoordenaar vir die eerste keer in die hof verskyn het.
Hy het verder gesê dat die sakeman Brown Mogotsi “ ’n beduidende rol in die politieke veldtog” van Senzo Mchunu, polisieminister, gespeel het.
Die N1-Hugenote-tonnel sal Donderdag om 06:00 weer oop wees vir verkeer nadat ’n busbrand die sluiting daarvan genoodsaak het.
Indien Anneke Bosch Donderdag vir die Protea-vrouekrieketspan diens gaan doen teen Indië in die Wêreldbeker-toernooi, sal sy onder druk wees om dié keer ’n beter bydrae met die kolf te lewer.
Sy bekende familienaam het geensins in sy guns getel nie, sê Mandla Mandela nadat Israel hom terug na Suid-Afrika gedeporteer het.
Ranki Makgatho het voordat die hof Woensdag vir middagete verdaag het, in trane uitgebars toe hy as tweede staatsgetuie geroep is.
Buti Manamela het ook opdrag gegee dat ’n span vanuit sy kantoor met leiers van dié universiteit in Dikeni, in die Oos-Kaap, praat om uit te vind presies wat die situasie is.
Ingevolge die Kommissiewet mag geen persoon wat voor die kommissie verskyn, weier om ’n vraag te beantwoord nie.
Greta Thunberg het op ’n mediakonferensie in Stockholm gesê dat sy nie skoon water gekry het nie en dat ander gevangenes van kritieke medikasie ontneem is.
Buitelandse nuus in ’n neutedop soos verskaf deur die voorste internasionale nuusdienste. Hierdie inhoud is opgesom met die hulp van Toqan-KI.
Johan Ackermann, hoofbreier van die Bulle, het ’n uitstekende groep spelers, maar ook die spreekwoordelike olifant in die kleedkamer by Loftus Versfeld geërf.
Regter Soma Naidoo het die prokureur Jan Gysbert Maritz tot Woensdagoggend kans gegee om ’n nuwe regsverteenwoordiger aan te stel.